Lees Afrikaans discussion

209 views
Afrikaanse e-boeke

Comments Showing 1-16 of 16 (16 new)    post a comment »
dateUp arrow    newest »

message 1: by Lidia (new)

Lidia (lidiatheron) | 10 comments Ek kan nie sien of daar reeds 'n topic hieroor is nie. Daarom begin ek maar met een. Ek kan eintlik nie verstaan dat daar geheel en al so min topics is nie. Ek behoort al baie lank aan Goodreads, maar is glad nie baie aktief nie.

Is daar meer mense wat E-boeke lees? Eintlik lees ek meer Engelse boeke op my Kindle. Afrikaans lees ek weer graag op papier, so dink ek ook dat ek die Afrikaanse skrywers beter ondersteun. Is ek dalk verkeerd?


message 2: by Amelia (new)

Amelia Mulder (ameliamulder) | 7 comments Mod
Lidia, ek is ook geneigd om Engelse boeke op my Kindle te lees en Afrikaans in gedrukte formaat, maar die rede hiervoor is omdat nie baie Afrikaanse boeke vir die Kindle beskikbaar is nie. 'n Mens kan natuurlik boeke omsit van ePub formaat na Kindle, maar dit voel altyd vir my na 'n bietjie van 'n beslommernis.


message 3: by Lidia (new)

Lidia (lidiatheron) | 10 comments Jy is reg, ja.

Dis seker ook maar in 'n poging om nog papier ook te lees wat ek dit so doen.


message 4: by Alta (new)

Alta Cloete Ek lees ook albei. Die lekkerste (en die grootste versoeking!) van die e-boeke is dat 'n mens enige plek, enige tyd 'n boek kan koop. En dat daar so baie goedkoop boeke is. Maar 'n papierboek sal altyd lekker in die hand bly. (Ek is mal oor die woordeboekfunksie van die Kindle en wil as ek op papier lees, ook soms die pyltjie skuif sodat ek 'n woord se betekenis kan sien!)


message 5: by Lidia (new)

Lidia (lidiatheron) | 10 comments Jy is so reg, Alta. Ek het juis gisteraand so 'n Afrikaanse woord gelees en outomaties wou my vinger die pyltjie gebruik. Ek sal nou maar weer die woord gaan soek en in die woordeboek opkyk. Sodoende vergeet mens maklik.


message 6: by Ruan (new)

Ruan Viljoen Daar is nou heelwat meer E-boeke op Amazon as voorheen: http://www.beeld.com/vermaak/2013-05-....

Ek twyfel of skrywers werklik meer maak uit die verkoop van gedrukte boeke. Ek dink 'n groot deel van die prys gaan vir die druk, verspreiding en dan natuurlik die winkel se wins.


message 7: by Alta (new)

Alta Cloete Skrywers kry meestal in die omgewing van 10% van 'n boek se verkoopprys.


message 8: by Lidia (new)

Lidia (lidiatheron) | 10 comments Ruan wrote: "Daar is nou heelwat meer E-boeke op Amazon as voorheen: http://www.beeld.com/vermaak/2013-05-....

Ek twyfel of skrywers werklik meer maak uit die verkoop van gedrukte boeke. ..."


Alta is reg. Daar is ook nie veel van 'n verskil in die tantiéme van e-boeke en gedrukte boeke nie. Meeste skrywers stel dit maar net beskikbaar in beide maniere om sodoende 'n groter getal lesers te kan bereik.


message 9: by Lelani (new)

Lelani | 0 comments Ek verkies ook maar papier as dit by Afrikaanse boeke kom.


Wεทchy ¸.¸. ҉¨ (nocturnalwenchy) Lidia wrote: "Ek kan nie sien of daar reeds 'n topic hieroor is nie. Daarom begin ek maar met een. Ek kan eintlik nie verstaan dat daar geheel en al so min topics is nie. Ek behoort al baie lank aan Goodreads, m..."

Ek stem saam met jou, maar ek find it moeilik om Afrikaanse boeke op Kindle te kry.


message 11: by Lidia (new)

Lidia (lidiatheron) | 10 comments Wenchy, weet jy van die Calibre program wat jy gratis kan aflaai? Daarmee kan jy feitlik enige formaat omskakel in Mobi, wat jy op die kindle gebruik. Dit maak jou keuses soveel groter.


message 12: by Coenraad (new)

Coenraad (boekkoper) | 4 comments Lidia, dit klink gaaf - ek sal egter 'n deeglike stukkie opleiding nodig hê om dit te laat werk!


message 13: by Lidia (new)

Lidia (lidiatheron) | 10 comments O, nee, glad nie.
Dit werk vreeslik maklik en indien jy werklik sou vashaak, kan jy altyd net vra.


message 14: by Claudine (new)

Claudine | 2 comments Calibre is seker een van die maklikste programme ooit. Jy laai dit van die internet af, maak dit oop en begin. So maklik soos slaap.

Ek sukkel om boeke te kry vir my twee kinders. Hulle lees baie en die Kindle is net soveel makliker om saam te sleep op vakansies.


message 15: by Christo (new)

Christo Lochenberg | 1 comments Ek het n databasis van so 87 000 eboeke maar dis alles engels, julle is welkom om my facebook groep te join. https://www.facebook.com/groups/free....


message 16: by Jan (new)

Jan Bonthuys (httpsjanbonthuyscoza) | 7 comments Ek is bly ek het op hierdie groep afgekom. In die laaste tyd luister ek meer boeke, waarvan daar min in Afrikaans beskikbaar is, maar ek wil my e-boek lees gewoonte weer bietjie opskerp.


back to top